Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 24 VAN 30

Skyn Soos Die Sterre

Ek is nie eintlik 'n sterrekyker nie, maar ek het al baie keer op 'n helder nag na die sterre in die hemelruim gekyk. Ek het genoeg geleer om die konstellasie soos die Suiderkruis of die Waterdraer uit te wys. Ek sal nooit die tyd vergeet toe die Noorderster my gehelp het om my pad te vind sodat ek nie 'n nag in 'n koue, nat moeras deurgebring het nie.


Elke nou en dan is ek verwonderd oor die grootsheid van die sterre in die hemelruim. Al kan ons met die blote oog net 'n klein deeltjie van God se skepping sien, is die ontelbare vonkelende sterre wat ons wel kan sien, asemrowend.


Die grootsheid van hierdie deel van God se handewerk laat my klein voel—soos dit moet. Dit is 'n treffende herinnering dat daar 'n Skepper-God is en dat ons sy skepping is (Nehemia 9:6). As ek egter na die sterrehemel deur die lens van die Skrif kyk, vind ek dat die Skepper my uitnooi om deel te wees van iets so groot en helder soos die sterre self.


Die apostel Paulus het die sterre gebruik om ons opdrag as gelowiges in Jesus te beskryf. Hy skryf dat God hom geroep het om te "skyn in hierdie donker wêreld (van ongelowiges) soos helder sterre deur noukeurig te leef volgens die boodskap wat tot die lewe lei" (Filippense 2:15-16 NLV). Sterre staan uit soos helder ligte en trek mense se aandag. Op dieselfde manier roep God ons om helder te skyn vir Christus, sodat die mense wat in duisternis lewe dit sal sien en aangetrek word na die "woord van lewe"—Jesus self.


Wanneer jy weer na die helder verligte sterre kyk, onthou dat die Een wat die sterre daar gehang het, jou roep om helder te skyn soos bakens van hoop en lewe, ter wille van 'n donker, sterwende wêreld —Jeff Olson


MEER: Lees Matteus 5:15-16 en dink na oor wat dit beteken om "jou lig voor ander te laat skyn."


VOLGENDE: Wat kan jou verhinder om vir Jesus te skyn? Hoe gaan jy ander help om vandag Sy lig te sien?


Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid