Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 28 VAN 30

Lê Jou Laste Neer

Dit is opgeteken dat kinders nie meer as 10 tot 15 persent van hulle totale gewig in hulle rugsak behoort te dra nie. Navorsers in Spanje het die rugsakke en ruggesondheid van 1403 studente tussen die ouderdom van 12 en 17 ondersoek. Hulle het bevind dat meer as 60 persent rugsakke gedra het wat meer as 10 persent van hulle liggaamsgewig was. Een uit vier het rugpyn vir meer as 15 dae gedurende die vorige jaar ondervind. Ander toestande was stresfrakture in die rug en senuweeskade in die nek en skouers.


Hoe groot is die las wat ons deesdae dra? Die Bybel het 'n oplossing vir ons swaar las. In 1 Petrus 5 moedig die apostel sy lesers aan om onderdanig te wees teenoor ouderlinge, nederig te wees teenoor ouer gelowiges en hulleself aan God te onderwerp (verse 5-6). Een van die maniere waarop hulle hul nederigheid teenoor God gewys het, was deur hulle laste in sy hande te plaas. "Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle" (v 7).


Petrus wou hê hulle moes sien dat bekommernis 'n vorm van hoogmoed is, want dit beteken dat jy jou eie laste wil dra in plaas daarvan om hulle aan God toe te vertrou. Die basis om hulle laste "nederig te oorhandig" was hulle vertroue dat Jesus se skouers breër en sterker is en dat Hy regtig oor jou welstand bekommerd is.


As ons 'n swaar las dra, is dit tyd om dit neer te lê. Deur nederige gebed lê ons ons verhoudingsprobleme, finansiële laste, onseker toekoms en siekte neer. Dit sluit in dat ons erken dat ons van God afhanklik is—dat ons laste vir ons te swaar is, dat ons Hom en ander gelowiges dringend nodig het om ons te help om ons laste te dra, dat ons ons sorge en kommer volkome aan Hom oorgee en dat ons op Hom sal wag en vertrou vir alles in ons lewens. —Marvin Williams


MEER: Lees Psalms 27:14, 37:5, 55:22 en maak 'n lys van party maniere hoe ons ons sorge aan God kan oorgee.


VOLGENDE: Watter las sleep jy met jou saam wat jou geestelike toestand negatief beïnvloed? Wat weerhou jou daarvan om dit in nederigheid aan God oor te gee?


Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid