Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 23 VAN 30

In Stukke Geskeur in Gang 9

Met 'n swaar hart was ek in die versoeking om my kruidenierswaentjie te los en hulle gesprek te onderbreek. Alhoewel ek nie die hele onaangename bespreking gehoor het nie, het ek genoeg gehoor om agter te kom dat die vier kliënte baie ontevrede was met mense in hulle plaaslike kerk. Ironies genoeg het nie een van hulle enigsins gelukkiger gelyk nadat hulle stoom afgeblaas het nie. Ek het nie die mense geken, díe oor wie hulle gepraat het, of selfs die kerk nie, maar ek was hartseer oor hierdie verskeuring van die liggaam van Christus, en dit in 'n openbare winkelgang.


Om iemand wat na God se beeld geskape is met woorde te vernietig, is nie net teenstrydig met Christus se karakter nie, maar ons minagtende aanmerkings bedroef ook die Heilige Gees (Efesiërs 4:30). Ons mag voorgee dat ons mense wat ons frustreer of kwaad maak verdra, maar ons woorde oor hulle wys wat in ons harte is (Efesiërs 4:15, 29; Lukas 6:45).


Dis waar dat elke kerk sy eie kwessies het, en sonder uitsondering sal selfs die gesondste gemeente tye van konflik ervaar. Die kenmerkende teken van die verandering wat Jesus in ons teweeg gebring het, is die manier waarop ons verskille in die liggaam van Christus aanspreek. Die kere wanneer ons bekommernis oor 'n medegelowige geregverdig is, behoort ons na die Skrif te gaan om 'n gepaste reaksie te vind (Matteus 18:15-17). Skinder veroorsaak net meer probleme.


Ons het almal een of ander tyd soos daardie kopers opgetree—deur vernietigende woorde te uiter. Paulus sê egter: "Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie" (Efesiërs 4:31). Ons behoort gerekende mense te wees wat ander hoog ag en met respek behandel, terwyl ons "in liefde by die waarheid bly" (v.15). As ons onsself aan die Heilige Gees onderwerp, sal woorde uit ons hart en mond vloei wat Christus verheerlik. —Regina Franklin


MEER: Lees Judas 1:20-21 en dink na oor wat dit beteken om ander gelowiges op te bou in plaas daarvan om hulle af te breek.


VOLGENDE: Hoe kan ons op 'n Christelike manier ons verskille in die liggaam van Christus hanteer? Hoekom kom ons in die versoeking om ander agter hulle rug met woorde af te breek?


Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid