Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 22 VAN 30

Omvattende Deernis

Bethany Haley Williams het baie met skande en gebrokenheid geworstel na 'n traumatiese seisoen in haar lewe. Die reis was moeilik, maar deur Jesus het sy genesing ervaar wat haar lewe verander het.


Gelei deur die genade en guns wat sy ontvang het, het Bethany "Exile International" gestig. Dit is 'n nie-winsgewende organisasie wat kuns/kreatiewe terapie gebruik. Daardeur herstel, bemagtig en sorg hulle vir kinders wat deur oorlog getraumatiseer is—dit sluit kinders in wat uit die "Lord's Resistance Army" in Afrika gered word. In haar boek "The Color of Grace: How One Woman's Brokenness Brought Healing and Hope to Child Survivors of War", skryf sy "Wanneer jou grootste hartseer jou grootste bediening word, word genade vervolmaak."


Bethany wy nou haar lewe aan hierdie woorde: "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig" (2 Korintiërs 1:3-4).


Ongeag van waar ons woon, wat ons sosiale status of omstandighede is, kan ons verseker weet dat God van ons lyding en teëspoed bewus is. Hy is by ons in ons pyn. God is genadig, liefdevol en bewus van ons nood. Dit maak nie saak of ons huidige lyding deur vervolging, siekte of emosionele seer veroorsaak is nie, Hy kan ons ervaring gebruik om ander wat in nood verkeer, te bemoedig en te help. Paulus skryf aan die Korintiërs: "As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk" (v 6).


Ongeag wat ons gedoen het, of wat ons moes ervaar, God is daar om ons met Sy onfeilbare liefde en deernis te oorweldig—gawes wat ons dan met ander kan deel. —Roxanne Robbins


MEER: Lees Jesaja 41:10 en dink na oor die vertroosting wat net God kan voorsien.


VOLGENDE: Hoe het jy God se teenwoordigheid en vertroosting ervaar toe jy deur moeilike tye gegaan het? Vir wie kan jy vandag vertroos—om die vertroosting wat jy van jou Hemelse Vader ontvang het, uit te deel aan iemand anders?


Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid