Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 26 VAN 30

Geestelike Gevegte


Albert Einstein het dalk aan Bedrieër Sindroom gely—die geneigdheid van talentvolle mense wat vermoed dat hulle 'n vervalsing is. Hy sê: "Die groot ophef wat van my werk gemaak word, laat my ongemaklik voel." Min mense sou Einstein se geweldige bydrae tot fisika bevraagteken. As hy sy eie werk bevraagteken, waar laat dit ons ander?



Die ander kant van die Bedrieër Sindroom, is die Dunning-Kruger effek. Hier sien onbekwame mense hulleself as begaaf. Met ander woorde, die onbeduidende mense weet nie dat hulle onbevoeg is nie, terwyl die wat hulle eie vaardighede in twyfel trek, dikwels dié is wat uitermate presteer.



'n Verband kan gevind word tussen hierdie gedagte en ons geestelike lewe. As ons van ons geestelike stryd bewus is, of as ons twyfel, is dit 'n goeie teken dat ons in 'n geveg is. Dit is wanneer ons dink dat ons reg lewe, dat ons geestelik dood is. Die skrywer van Hebreërs het na ons stryd as iets positiefs verwys. "[Het] julle vergeet van die aanmoediging wat tot julle as kinders van God gerig word?" vra hy (12:5). Dan verduidelik hy hoe God sy ware kinders dissiplineer en teregwys. "As julle nie getug word soos al die ander nie, dan is julle nie werklik sy kinders nie. (12:8) Harde woorde wat ons help om te verstaan dat ons goddelike regstelling nodig het!



Dankie tog dat ons geestelike welstand nie verband hou met ons bevoegdheid nie. Ons is totaal en al afhanklik van God se liefde en die werk wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Paulus skryf: "Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming." (Titus 3:4-5)


God is saam met jou in jou geestelike stryd. Jy is nie 'n bedrieër nie! —Tim Gustafson



MEER: Lees Efesiërs 2:8-10 en sien wat Paulus oor die reddende werk van Jesus skryf, asook ons verantwoordelikheid om hom te dien.


Ontdek meer oor twyfel.


VOLGENDE: Hoe reageer jy as jy geestelik sukkel? Gaan jy na Christus en ander gelowiges? Maak jy op jou eie krag staat? Hoe kan jy meer van God se wysheid en leiding bekom?

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid