Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 29 VAN 30

Die Gewag

Aangesien so baie mense desperaat werk soek, is ek dankbaar vir my man se werk. Sy kleinhandel werk behels lang ure wat egter baie uitmergelend op 'n gesin kan wees. Ek is gewoond aan aandetes en naweke saam met hom en oor die afgelope vier lange jare, voel my lewe amper soos dié van 'n enkelma. Een aand was ek baie moeg en het teenoor my pa gekla dat ek nie meer weet hoe om te bid nie. Na baie jare se gebed vir 'n deurbraak in sy eie lewe, het hy geweet hoe ek voel en het my uit God se Woord bemoedig—my hoop hernu vir 'n oplossing.


Nuusgebeure, tesame met ons persoonlike stryd, kan ons ontnugterd laat voel. Die herinnering dat Jesus weer sal kom om dinge reg te stel, kan onsensitief en onnadenkend voorkom. Die apostel Petrus pleit met ons om nooit te vergeet wie God is nie; Hy het die hemel en aarde deur Sy woord gemaak en Hy het ook die antieke wêreld met 'n vloed gereinig. 'n Soortgelyke reiniging is op pad vir die wêreld van vandag, hierdie keer deur vuur (2 Petrus 3:5-7,10).


Al sou ons moed verloor en moeg raak vir die sorge van hierdie wêreld, herinner Petrus ons daaraan dat God se tydsberekening baie anders as ons s'n is. Hy skryf: "vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag" (v 8). Hy is nie stadig om sy belofte te hou nie—Hy is net geduldig, want Hy wil nie hê dat enigeen vir ewig van Hom geskei moet word nie. Dus gee hy vir elkeen tyd om tot inkeer te kom en verlossing deur Jesus te ontvang (verse 9,15).


Ons smag daarna dat ons geliefdes gered sal word, maar ons hemelse Vader begeer dit selfs meer! Terwyl ons vir Jesus wag om weer te kom, laat ons Hom help om die goeie nuus van Sy redding te versprei. Uit liefde "wil Hy nie hê dat iemand verlore moet gaan nie" (v 9). —Ruth O'Reilly-Smith


MEER: Lees Jesaja 55:8-9 en word herinner daaraan dat God se manier van dink en Sy weë anders is as ons s'n.


VOLGENDE: Is jy ontnugter deur lank vir iets te wag? Skep vandag moed terwyl jy aan die getroue liefde van God dink!


Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid