Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 25 VAN 30

In Jesus se Liefde

In Jesus se Liefde. Hy het sy e-pos met hierdie woorde afgesluit. Terwyl ek dit lees, besef ek hoe aangrypend dit is. Ek het gesien hoe hierdie jongman tot bekering kom, ek het hom gedoop en gesien hoe sy geloof groei—hy was pas terug van 'n kuier in sy geboorteland, 'n plek wat nie goedgesind teenoor gelowiges is nie. Hy vertel hoe hy "vreemde kyke" van die inwoners gekry het wanneer hy voor 'n ete in 'n restaurant bid, die ongeërgdheid wat sy vriend teenoor sy geloof het en hoe alleen hy gevoel het. Ek het hom dus probeer bemoedig deur dié woorde aan hom te skryf: "Ek is so trots op jou. God gebruik jou om Sy teenwoordigheid in jou stad te versprei!"


Weens vervolging kon Paulus nie self na die jong kerk in Tessalonika gaan om hulle te bemoedig nie. Hy het dus vir Timoteus op 'n geheime sending gestuur (1 Tessalonisense 3:2). Paulus het aan die kerk geskryf dat hy Timoteus stuur "om julle in julle geloof te versterk en moed in te praat sodat nie een van julle onder die vervolginge sou begin wankel nie" (verse 2,3).


Tot die apostel se vreugde, het Timoteus teruggekom met bemoedigende nuus van vreugde en hoop. Hy skryf: "Daarom, broers, het ons in al ons nood en swaarkry weer moed geskep vir julle omdat julle nog glo" (v 7). Hy was bly dat die gelowiges in Tessalonika "sterk gebly het in hulle geloof" te midde van vervolging.


Aan die einde van hierdie deel van Paulus se brief, deel hy bemoedigende woorde met hulle: "En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele" (verse 11-13).


Ken jy 'n gelowige wat vandag jou bemoedigende woorde nodig het? Bel daardie persoon of stuur 'n e-pos of teksboodskap wat sê dat jy saam met hulle glo in Jesus se liefde. —Tom Felten


MEER: Lees Romeine 15:13 en oordink dit. Dink dan aan 'n gelowige met wie jy hierdie woorde as 'n bemoediging kan deel!


VOLGENDE: Hoekom is dit so belangrik om ander gelowiges te bemoedig? Watter Skrifgedeeltes het jou al menige kere bemoedig? Met wie sal jy dit deel?


Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid