Leesplan inligting

Ons Daaglikse Reis: 'n 30-dae Stap Saam Met JesusVoorbeeld

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

DAG 2 VAN 30

Verposings

Atul Gawande, wys in sy boek The Checklist Manifesto hoe dokters 'n kontrolelys kan gebruik om lewens tydens 'n operasie te red. Gawande se kontrolelys sluit drie lewensbelangrike "verposings" in; voor narkose, voor daar gesny word en voor die pasiënt die operasiesaal verlaat.


Elke verposing duur nie meer as 'n minuut nie—net lank genoeg vir die span om basiese kontroles te doen. Die uitkoms? In 2008 het agt hospitale Gawande se kontrolelys begin gebruik en binne enkele maande het die persentasie groot komplikasies met 35% geval en sterftes met 47%. Wat 'n wonderlike verskil het dit teweeggebring toe chirurgiese spanne 'n verposingstyd tydens operasies afgestaan het om prosedures na te gaan!


Nadat God sy volk van Egiptiese slawerny verlos het, het hy vir hulle 'n verposing gegee: die Sabbatdag. "...die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie" (Eksodus 20:10). God het sy mense beveel om die dag te onthou, te gedenk en dit as heilig te beskou en anders as 'n normale werkdag te hanteer (v. 8).


Wanneer hulle die Sabbatdag nagekom het, het hulle in der waarheid 'n verposing geneem om verskeie dinge te onthou: God se werk/rusritme in die skepping (Genesis 2:2), hulle verlossing uit slawerny (Deuteronomium 5:12-15), hul verhouding met God en sy begeerte om hulle te verfris en lewe te gee (Eksodus 31:17).


Soos wat ons liefdevolle God dit geopenbaar het, is dit lewensbelangrik dat ons doelbewus en gereeld verposings in ons lewens inruim. Op Sondae of 'n ander dag, moet ons rus om God se werk/rusritme in die skepping te gedenk, (Eksodus 20:11) om Jesus te dank vir ons verlossing uit die slawerny van sonde, om rus en verkwikking in Hom te vind en om die uiteindelike verposing in gedagte te hou, wanneer ons eendag in sy teenwoordigheid sal wees! —Marvin Williams


MEER: Lees Jesaja 40:29-31 en Filippense 4:6-7 en dink na oor die doel van "geestelike verposings."


VOLGENDE: Watter soort "verposingsritmes" het jy nou? As verposings pasiënte se lewens kan red, hoe kan geestelike verposings sorg vir gesonder lewens in Jesus?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Journey: A 30-Day Walk With Jesus

Elke reis het voorrade nodig. Op die lewensreis is sommige van die beste voorrade God se Woord en 'n bietjie aanmoediging van vriende. Hierdie leesplan, "Ons Daaglikse Reis," behels 30 dae se oordenkings deur betroubare ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood Bedieninge wat hierdie leesplan voorsien het. Besoek http://ourdailyjourney.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid