Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 28 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 5:11-14. Wat is die waarskuwings in hierdie gedeelte? PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 5:14 "Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” GEE DIE SAAD WATER Omdat die Here die gedeeltes wat in jou lewe en hart moet verander, bekendgemaak het, hoe kan jy die slaper in jou wakker maak? Watter dinge kan jou help om wakker te word? Een voorbeeld is om seker te maak dat jy in die woord is en dit daagliks en dwarsdeur die dag oordink. Daar is tye wanneer ons lees of TV kyk dat ons weet ons slaperig is en selfs verwag dat ons aan die slaap gaan raak. Daar is ander tye wanneer ons heeltemal onbewus daarvan is en net wegraak. Die misleiding van geestelike slaap is dieselfde. Ons kan deur die vyand wat baie subtiel is, aan die slaap gesus word. Dit lyk of ons die een oomblik helder wakker is en die volgende oomblik is ons aan die slaap. Jakobus se brief kan dié onder ons wat verseker wil weet dat hulle nie mislei word nie, baie help. Jakobus 1:22 sê, "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie." (As jy nou of later vandag tyd het, lees Jakobus 1:19-27). Vra die Here om jou te help om hierdie woorde werklik te hoor. In Romeine 10:17, verduidelik Paulus, "Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n men shoo, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Een van die belangrikste plekkeom die duisternis te verdryf, is in ons eie harte. Ons kan daardie duisternis tot die lig bring deur die lig van God se woord dwarsdeur die dag daarop te laat skyn - deur Sy woord te oordink (Psalm 119:11). Selfs al het jy dit tot nou toe moeilik gevind om skrifgedeeltes te memoriseer of te bepeins, begin vandag weer; dis nooit te laat om weer op die pad van geregtigheid te probeer loop nie. DRA DIE VRUG Word wakker en staan op uit die dood. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid