Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 33 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 6:10-12.
Lees hierdie skrifgedeelte as 'n gebed. Dit mag dalk baie bekend wees, maar selfs dan, wees rustig en maak 'n lysie in jou kop van die wapenrusting wat die Here vir jou gegee het. Hy het ons nie alleen gelos nie - Hy is reg hier langs ons.

Hoe tree jy op as jy bang is? As jy kwaad is? As jy in versoeking is? As die vyand om jou rondsluip? Hoe stry ons die stryd in Sy krag en nie ons eie nie? Dit is wat Paulus vir ons deur middel van metafore probeer sê, om ons te help sien hoe om ons met Christus en Sy krag te beklee. Hy sê ons moet die volgende aantrek:
Die Gordel van Waarheid
Die Borsharnas van Geregtigheid
Die Evangelie van Vrede
Die Skild van Geloof
Die Helm van Verlossing
Die Swaard van die Gees
En om Gedurig te Bid!

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 6:11
"Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel."

GEE DIE SAAD WATER
Staan sterk en moenie toegee aan jou gevoelens nie. Moenie gevang word deur verkeerde gedagtes nie. Stop en wag 'n oomblik voor jy optree. Trek jou wapenrusting aan en moenie onvoorbereid tot die stryd toetree, swak toegerus of ongeoefen wees nie. Wees wys deur te gebruik wat die Here vir jou gegee het. "Laastens, wees sterk in die Here en in die sterkte van Sy krag!" So dikwels voel ons soos 'n slagoffer as ons deur die vyand aangeval word. Die waarheid is dat ons in 'n stryd is, op die slagveld. Wat beteken dit? Neem tyd en dink daaroor. Watter aanpassings moet jy in jou denkpatroon maak? Is jy nie mal oor kamo nie? Wys die Here vir jou enige opstand in jou hart teen die idee om vir 'n ander te leef, om deel te wees van 'n strydgroep? 2 Timoteus 2:3-4 sê, "Dra jou deel van die ontberings soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus. ‘n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.”

DRA DIE VRUG
Weerstaan die duiwel.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org