Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 32 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 6:5-9. Wat sê die Here oor diensbaarheid? Hoe kan ons dit alles in ons daaglikse lewe toepas? Is ons nie almal diensknegte van die Here nie? Hoe moet ons elke dag lewe en met watter hartsgesindheid? PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 6:6-7 "Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen." GEE DIE SAAD WATER Wat is jou daaglikse pligte? Wat is jou hartsgesindheid teenoor elkeen van daardie pligte? Dink oor jou dae. Werk jy soos vir die Here? By die huis? By die werk? By die skool? Gee jy jou alles vir die Here? Dink jy jy mag dalk dinge op jou eie krag doen? God soek na diegene wat die Here met 'n suiwer hart dien. 2 Kronieke 16:9 sê: "Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou." Van een man sê dit, "Hy het gedoen wat reg is in die oëvan die Here. Hy het die pad van sy voorvader Dawid geloop en ndaar nie links of regs van afgewyk nie.” (2 Kronieke 34:2). Vra die Here om jou te help om Hom met die regte hart te dien. As jy oorweldig voel, vra Hom vir hulp. Vra Hom vir Sy genade en Sy krag. Moenie opgee of ingee nie. Wees versigtig wie se oë jy tevrede wil stel (Kolossense 3:23). Wat sal die Here se oë in jou sien? DRA DIE VRUG Doen alles asof vir die Here. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om alles wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid