Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 1 VAN 90

INLEIDING: Plant Jou Tuin vir 'n Oorvloedige Oes Wat ons reis saam gaan behels: DAE 1-2: Inleiding DAE 3-6: Grondvoorbereiding Met die Evangelie van Lukas se hulp gaan ons die volgende vier dae benut om die grond van jou hart voor te berei om al die waarhede te ontvang. DAE 7-40: Plant en Versorging van Jou Tuin 1. elke dag sal begin met ʼn skrifgedeelte uit Efésiërs, ʼn SAAD VAN WAARHEID. 2. In PLANT DIE SAAD sal jy een "saad" uit daardie skrifgedeelte ontvang, een vers, wat jy in jou hart moet plant op daardie dag. Lei jou gedagtes doelgerig na daardie vers en pas jou denke en hart aan om jou dag en ander mense in jou lewe deur die oë van die vers te sien. 3. Onderwerp jou aan daardie waarheid en plant die saad diep in jou hart. 4. In GEE DIE SAAD WATER, voltooi die voorgestelde oefening of aktiwiteit om jou te help om die "saad te plant" en werk daardie waarheid in meer volheid in jou lewe. "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself." (Jakobus 1:22) 6. In DRA DIE VRUG, sal ʼn stafie van waarheid vir die dag sal uitgelig word. Hierdie is die vrug wat in jou hart na vore sal kom van die saad wat geplant en water gegee is. 7. Laastens, gebruik hierdie waarhede uit Efesiërs om jou in gebed te lei. "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra." (1 Johannes 5:14) Lees Efesiërs 3:14-19 Voor jy begin...neem 'n oomblik en berei jou hart voor vir hierdie Bybelstudie, net soos jy 'n tuin in die lente sal voorberei voordat jy daarin plant. FVra God om jou hart oop te maak om die saad van waarheid te ontvang wat Hy graag in jou hart oor die volgende 40 dae wil plant. Mag dit Sy wil wees dat daardie saad sal groei tot gesonde lote, volwasse plante, en dan tot in 'n oorvloedige oes. Moenie bang wees om Hom te vra om jou te help om Sy stem te hoor, of Sy guns wat jy nodig het om in Sy voetspore te volg soos wat Hy vra nie. Die Here gaan 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart voortbring! Maak gereed - die lente is hier! Mag jou hart tot oorlopens toe gevul word met die Here se volheid! Ek bid vir jou, Laurie Indien anders aangedui, word alle skrifgedeeltes uit Die Bybel© 1983-Vertaling, Bybelgenootskap van Suid-Afrika, aangehaal. Kopiereg © 2001 deur Crossway
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid