Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 5:6-10.
Watter opdrag het Paulus vir jou? Jy was eens op 'n tyd duisternis, dood in sonde, 'n kind van toorn, 'n vyand van God, ongehoorsaam, onheilig - die lys gaan aan. Maar nou is jy lig; jy is in Christus en Hy in jou. Paulus sê ons moet lewe asof Jesus self in jou lewe.
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.
Efesiërs 5:8,10
"Leef dan as mense van die lig É en vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is."
GEE DIE SAAD WATER
Die Heilige Gees is in jou en met jou. Dit is moeilik om dit te glo en te onthou, maar Galasiërs 2:20 is baie waar, jy is saam met Christus gekruisig en Christus, die lig, woon nou in jou. Ons moet IN die lig wandel, soos kinders van die lig, elke dag meer groei en soos Hy word.
Dink daaroor wat dit beteken om die lig te wees. Vra die Here vandag om jou te help om eerlik en die lig in jou huis of kantoor te wees. Verbeel jou hoe dit sal lyk. Hoe kan jy helderder skyn? Hoe kan jy minder wees? Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Paulus sê ons moet uitvind wat die Here tevrede stel. Paulus is besig om ons te help. As ons aandagtig en met opset luister, sal ons dit wat vir ons geleer word, ter harte neem en daarna streef om dit in ons daaglikse lewe deur God se genade lewendig te maak. As ons dit doen, sal ons soos kinders van die lig wandel.
DRA DIE VRUG
Wandel soos kinders van die lig.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org