Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 29 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 5:15-21.
Wat wil God hê moet ons met ons tyd doen? Wat dink jy bedoel Paulus as hy sê dat die dae boos is?

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 5:15-16
"Wees baie versigtig hoe julle lewe; nie soos onversadige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd."

GEE DIE SAAD WATER
Ons sien nie altyd die duisternis waarin ons leef nie. Die wêreld om ons word elke oomblik donkerder. Die wonderlike ding van 'n baie donker nag is dat die sterre so helder skyn! Die blote teenwoordigheid van 'n kind van die lig in die middel van die duisternis, kan ongelowiges tot oortuiging bring. Dit is die rol en werk van die Heilige Gees. Moenie bang wees om die lig te wees nie.

Jy voel dalk nie soos die lig nie. Die vyand sal probeer om jou te oortuig dat jy hoegenaamd geen effek het nie. Onthou jy miskien nog daardie liedjie wat jy in die kleuterskool gesing het? "Laat ons skyn vir Jesus met 'n helder glans." Jy skyn. Die duisternis kan nie die lig verdryf nie, maak nie saak wat die duiwel jou vertel nie. Tyd is so 'n groot hulpbron en ons mors dikwels daarmee en maak nie die meeste daarvan nie. Deur 'n goeie bestuurder van tyd te wees, is so belangrik, want as dit eers verby is, is dit verby. Sal jy regtig 'n punt daarvan maak om te kyk hoe jy jou tyd gebruik, nie net vandag nie, maar dwarsdeur jou week? Wat maak jy met die rykdom van tyd wat die Here vir jou gegee het? Gebruik jy dit om die evangelie uit te brei of om die liggaam van Christus aan hulle in jou wêreld en daar buite te wees? Neem 'n oomblik om die nodige veranderings in jou program te maak. En as jy vandag se skrifgedeelte oordenk, beskou jouself en kyk hoe jy jou tyd gebruik.

DRA DIE VRUG
Maak die beste gebruik van jou tyd.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org