Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 31 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 6:1-4.
God is 'n God van orde en die konsepte van eer en onderdanigheid kom dwarsdeur die Bybel voor. Lees hierdie verse en let op na die vers waar God spesifiek met jou praat. Moet dit nie eenkant toe vee nie, maar neem dit ter harte. Vra die Here om jou te help om dit vandag te oordenk. Dink daaroor. Vra die Here om alles na vore te bring wat jy voor Hom moet lê.

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 6:2-3
"Eer jou vader en jou moeder - dit is die eerste gebod met 'n belofte - sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde."

GEE DIE SAAD WATER
Eer jy jou ouers? Leer jy jou kinders die regte pad sodat hulle nie gefrustreerd raak nie? Is daar sondes wat jy moet bely? Miskien is jy deur 'n ouer seergemaak. Laat die Here toe om jou op 'n sensitiewe manier te versorg. Laat Hom in daardie privaat ruimte toe. Glo dat Hy in staat is om enigiets en alles heel te maak. Moet jy Hom dalk vra om jou te help vergewe?

Dit maak nie saak watter ouers jy het of gehad het nie, dink daaroor hoe dit sal lyk as jy jou ouers hierdie week eer. As jou ouers nie meer lewe nie, dink hoe jy hulle met jou woorde en dade kan vereer.

Dink na oor hulle nalatenskap en vra die Here of jy met enige van die eerbare of uitstekende dinge wat hulle jou geleer het, moet voortgaan. Sê vir Hom dankie omdat Hy jou hemelse Vader is en vir jou kinderdae en vertrou dat Hy alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet. Lees Romeine 8:18-30.

DRA DIE VRUG
Eer jou ouers.
Eer jou hemelse Vader.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org