Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 5:3-5.
Begeerte en afgodery? Wat sê die gedeelte oor hierdie sondes? Wat is die waarskuwing? Begeerte is om te wil hê wat 'n ander het. Afgodery is om iets in God se plek te sit. Is daar iets wat jy moet doen?
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kerngedeelte saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.
Efesiërs 5:5
"Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ‘n gierigaard is (want gierigheid is afgodery) het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie."
GEE DIE SAAD WATER
God het ons beveel om Hom met ons hele hart, ons hele siel, ons hele verstand en al ons krag lief te hê (Markus 12:30). Hoe weet ons as ons iets in God se plek gesit het wat net vir Hom gereserveer is? Ons kan weet aan waar ons gedagtes dwaal, by watter dinge ons vertoef, waar ons ons geld uitgee, hoe ons ons tyd spandeer, die woorde wat uit ons mond kom, waar ons die meeste moeite doen, of dit wat vir ons die grootste ongemak veroorsaak. Byvoorbeeld, waaroor is jy bekommerd? Waaroor bid jy of praat jy die meeste? Jy kan baie prakties en pro-aktief wees.
Beskou jouself vandag in die lig van hierdie skrifgedeelte. Wat is jou fokus? Wie is jou fokus? Wat begeer jy? Wie dien jy? Bely jou hebsug of jou afgodery wat jy raaksien en bekeer jouself. Wat onthul hierdie dinge oor wie en wat jy liefhet? Wat ookal God se plek inneem, raak ontslae daarvan en moenie weer soontoe teruggaan nie. Keer terug na die Here, jou Skepper (Openbaring 2:4-5).
DRA DIE VRUG
Moet niks in God se plek sit nie.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org