Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 25 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 5:1-2. Hierdie is een van my gunsteling Bybelgedeeltes. Ek is mal oor die eenvoud daarvan. Kniel nederig voor die Here en vra Hom om hierdie waarheid na jou te bring wat jy in jou hart, jou gedagtes en in jou lewe kan dra. Laat Hom toe om jou die vermoë te gee om in liefde as Sy geliefde kind te wandel, wat dit ookal kos. Neem nou die tyd om te bid en gebruik hierdie gedeelte as 'n riglyn. "Here, ek wil nie agter my eie planne en begeertes aanloop nie. Ek wil nie my eie pad of die wêreld om my se pad loop nie. Dit is so moeilik as almal om my skinder, veroordeel of op aardse dinge fokus. Ek het U hulp nodig. Ek wil soos U wees. Ek wil U navolg as U geliefde kind. Ek wil soos Jesus in liefde wandel, wat U en ander meer as Homself liefhet. Here, help my om in liefde te wandel net soos Jesus my liefgehad en Homself vir my gegee het (Galasiërs 2:20)." PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 5:2 "Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God anneemlik was.” GEE DIE SAAD WATER Ons word gevra om ons liefde te wys, net soos Christus Sy liefde gewys het, en onsself op te te offer - 'n lewende offerhande, volgens Romeine 12:1. Het jy dit al gedoen? Sal jy dit vandag doen? En indien nie vandag nie, sal jy dit deel van jou gebedslewe maak totdat jy dit doen? Moet dit nie te lank uitstel nie. Onthou, God het jou alles in Christus gegee wat jy nodig het om te doen wat Hy beveel. Dit isnie net 'n bevel nie, maar dit is die voorbeeld wat Jesus en Paulus aan ons voorhou. As ons 'n les oor die liefde wil hê, moet ons na die kruis van Christus kyk (1 Joh 4:10-11). Die opdrag is nie vir die geestelike "elite" nie, want daar is geen geestelike elite nie. Ons is of gehoorsaam of nie. (1 Kor 13 is 'n nuttige instrument om jou hart te ondersoek). DRA DIE VRUG Jy moet liefhê soos wat Christus liefgehad het. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid