Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 24 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 4:29-32. Terwyl jy daarna streef om die Here se opdragte in Sy woord met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag te soek, vra die Here om jou te help om Paulus se opdrag in hierdie gedeelte uit te voer. Wat sê hy moet ons nie doen nie? Wat sê hy moet ons doen? PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 4:29 "Vuil taal moet nooit uit jule mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten geode kan kom. GEE DIE SAAD WATER Ons moenie toelaat dat "slegte" of waardelose dinge uit ons monde kom nie, maar net dit wat behulpsaam, goed en nodig is, sodat wat jy ookal sê 'n seën vir ander is. Vra jouself voor jy praat: Is dit opbouend? Sal dit God verheerlik? Sal dit iemand se pad met die Here aanmoedig? As jy wil weet wat in jou hart is, luister na wat uit jou mond kom. (Mattheus 12:33-37). Nou die dag is jy gevra om aandag aan jou gedagtes te gee. Vandag wil ek hê jy moet baie aandag aan jou woorde gee. Is hulle opbouend? Is hulle afbrekend? Gee hulle lig aan 'n vertrek? Bring hulle donker wolke? Wees eerlik. Vra die Here om jou vandag te help om 'n goddelike eienskap in een van jou gesinslede te identifiseer en soek dan 'n skrifgedeelte wat hulle op daardie gebied bevestig. Skryf 'n notatjie wat daardie skrifgedeelte bevat wat hulle sal aanmoedig - op 'n plakpapiertjie waar hulle dit kan sien of in 'n e-pos. Hou aan om maniere te kry om genade aan hulle te bewys wat gehoorsaam is. DRA DIE VRUG Toon genade. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid