Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 4:4-8.
Luister mooi. Waarvoor is jy geroep? Waaraan is jy deel? Lees vers 4 weer. God se hartsbegeerte is dat Christene in eenheid met mekaar moet leef, terwyl ons onthou dat ons almal deel is van een liggaam. Ons moet alles in ons vermoë doen om die eenheid van die liggaam te beskerm en onsself gedurig herinner dat ons nie 'n leërmag van een is nie. Ons is deel van die liggaam van Christus. "Daar is net een liggaam en net een Gees, soos daar net een hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon." (Efesiërs 4:4-6).
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers rustig vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van die dag.
Efesiërs 4:7
"Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het."
GEE DIE SAAD WATER
Maar God het vir elk van ons die genade gegee om ons deel te doen. Is jy aktief besig om jou rol in die liggaam te vervul? Gee jy jou tyd, talent en skatte? Is jy deel van 'n groep van gelowiges? Ons is nie soos Jack Bauer wat alles op ons eie doen nie, maar eerder dit doen waarvoor Hy ons geroep het in Sy Naam en in gemeenskap.
2 Korintiërs 12:9 sê, "My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is." God se genade in Paulus het hom mag gegee oor sy swakheid. Dieselfde genade is vir jou gegee - volgens die maatstaf van Christus se genadegawes! "En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk." (2 Korintiërs 9:8). God se genade gee alles wat ons nodig het sodat ons werklik kan sê God is voldoende! Hy is my Alles in Alles! Is dit hoe jy jouself sien of jou omstandighede? Glo jy hierdie waarheid?
DRA DIE VRUG
Genade is genoeg vir die wat in Christus is.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org