Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 18 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 4:1-3.
Lees vers 1 en 2 weer stadig deur terwyl jy bid. Wat sê God vir jou oor jou rol as vrou, as moeder, as suster en as vriendin? Watter gedenkpatroon, hartsgesindheid of gedrag het jy nodig om te verander? Wanneer het jy nodig om sagter te wees? Met wie het jy nodig om meer geduld te hê? Wat het jy nodig om te doen om ander te dra, in liefde, en hulle nie net te verdra nie? Onthou, geliefde gelowige, doen dit alles tot eer van God en ter wille van Sy kosbare evangelie.

Wanneer ons kwaad word, 'n kritiese gees het, ons eie gevolgtrekkings maak, breek ons ons eenheid met die liggaam van Christus. Die Here vra dat ons om met alle ywer oor ons harte te waak. Paulus sê ons moet gretig wees, op die uitkyk wees, alle pogings aanwend en vinnig wees om enige gebrokenheid te herstel of vrede te maak. Wees vandag bereid en "Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe." (Efesiërs 4:3).

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers rustig vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van die dag.

Efesiërs 4:1-2
"Ek druk julle dit op die hart, ek wat ‘n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in die ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het. Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.”

GEE DIE SAAD WATER
Die kernvers vir vandag het geen verduideliking nodig nie. Dit is 'n oproep tot heiligheid binne en buite, 'n heiligheid wat kom om die Here eerste en dan die ander voor jouself te stel. Ek doen 'n beroep op jou om Paulus se uitdaging te aanvaar en hierdie vers jou doel te maak, nie net vandag nie, maar ook gedurende die res van hierdie program, of nog beter, jou lewe! Vra nou die Here vir Sy hulp om hierdie Skrif vir jou waar te maak.

DRA DIE VRUG
Wandel op so 'n wyse dat dit jou roeping waardig is.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org