Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 21 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 4:15-16.
Hoe sê Paulus moet ons groei en hoekom?

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 4:15
"Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe."

GEE DIE SAAD WATER
Soos ons God se woord beoefen, sal ons tot volwassenheid groei. Ons sal nie langer heen en weer deur die branders geslinger word of deur stormwinde rondgegooi word nie. Ons voetstappe sal al hoe meer verstewig, maak nie saak wat die weer doen nie. Ons sal ons voete vind deur daagliks Sy waarheid te beoefen. Wanneer ons die saad plant en water gee, sal God dit laat groei en ons sal begin om die vrug van geregtigheid te dra.

Beoefen dit vandag. Maak 'n punt daarvan om met elke persoon wat die Here op jou pad bring, in liefde te praat. Daar sal 'n tyd kom wanneer jy getoets gaan word. Sal jy gereed wees en nie bang wees om die waarheid te praat nie? Ons moet mekaar help groei. Maar dit moet in liefde gedoen word! Wees vir ander op dieselfde manier lief as wat jy wil hê hulle moet vir jou lief wees. Bid dat die Here vir jou 'n spesiale geleentheid sal gee om Christus vir jou man, jou kinders, of die klerk by die supermark te wees. (Mattheus 22:39, Efesiërs 5:1-2).

DRA DIE VRUG
Praat die waarheid met liefde.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org