Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 22 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 4:17-24. Luister aandagtig na Paulus. Ons Christelike pad is 'n bewuste, daaglikse, gefokuste poging wat ons kies om in die lig te wandel. Wat leer jy van die sinnelose, hopelose weg van die ongelowige? PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag. Efesiërs 4:23-24 "Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwemense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig." GEE DIE SAAD WATER Waar sien jy onverskilligheid in jou hart? Het jou hart koud geword? Jy mag dalk nog gevoelens vir die Here en oortuigings vir Sy waarheid hê, maar jy sal dalk agterkom dat jou begeerte om in Sy woord te vertoef, afgeneem het. Jou deernis vir ander is minder en jou fokus het van Christus na jouself verskuif. Draai jou oë na Christus. Bely die hardheid van jou hart. Vra dat Hy jou help. Vra Hom om jou in Sy liefde te laat herleef en om genade vir jou in Sy deernis te hê. Wat is dit wat in jou denkproses moet verander? Waar kan jy jou eie waardelose denke sien? Wees bewus van jou denke vandag (Romeine 12:2). As jy jouself vang dat jy 'n waardelose gedagte kry, stop, skryf dit neer, en sit 'n waarheid in sy plek. As jy iets krities van iemand dink, stop en vervang dit met 'n liefdevolle gedagte. As jy jou begin bekommer, stop en beklee jou met die nuwe self. Beklee jou met die waarheid en kry 'n Bybelvers wat daardie bekommernis onmiddellik verslaan. Onthou net dat dit wat ons dink diepgaande implikasies het oor hoe ons reageer. Die eerste geveg om te baklei en te wen, met Christus se hulp, is in ons gedagtes. Veg met afhanklikheid van Sy genade en die Heilige Gees.
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid