Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 20 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin DIE SAAD VAN WAARHEID Lees Efesiërs 4:9-14. Paulus toon duidelik aan dat ons as heiliges toegerus moet wees om bedieningswerk te doen en ook om die liggaam van Christus op te bou. PLANT DIE SAAD Herhaal vandag se kernvers saggies aan jouself. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die loop van die dag. Efesiërs 4:13 "So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus." GEE DIE SAAD WATER Doen jy alles wat jy kan om toegerus te wees om die Here se bedieningswerk waarvoor Hy jou geroep het, te doen? As ‘n vrou? As ‘n moeder? As ‘n onderwyser? As ‘n mededienaar? Waar is daar 'n behoefte in jou kerk? Die kleuterskool? Die verwelkomingskomitee? Die koskas? Dien jy aktief waar daar 'n behoefte is? Waarop fokus jy? Moet jy enige veranderinge maak? Al wat ek kan hoor is Christus se woorde in die Bergrede: "Nee, beywer julle allereers in die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee." (Mattheus 6:33). Sal jy vir God vra om dit jou fokus, jou passie, jou begeerte te maak? En sal jy daardie passie werklik en aktief maak deur daarop te handel? Is daar enigiets wat jy moet ophou soek sodat jy eers Sy koninkryk kan soek? DRA DIE VRUG Kom tot eenheid in geloof. SLUIT AF MET GEBED. Vra die Here om alles wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid