Leesplan inligting

Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 17 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin SAAD VAN DIE WAARHEID Lees Efesiërs 3:14-21. As jy na hierdie gedeelte kyk, wat is dit wat Paulus vir ons bid? Wanneer jy sien wat hy vir die kerk bid, wil ek hê dat jy daaraan moet dink dat Christus hierdie selfde dinge vir jou bid. Kyk wat Sy begeerte vir jou is en dink vandag daaroor. Ons God is passievol oor Sy heerlikheid. Ons sien dit in verse 20-21. PLANT DIE SAAD Sê vandag se kernvers vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins daarokp deur die loop van die dag. Efesiërs 3:16 "Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word." GEE DIE SAAD WATER As mense wie tot geloof in Jesus Christus gekom het, as mense wat weet dat Hy sy lewe vir ons sondes afgelê het en dat ons Hom ons sondige lewe in ruil daarvoor gegee het - moet ons onsself daaraan herinner dat ons daagliks in 'n stryd gewikkel is tussen ons menslike begeertes, of ons vlees en die Heilige Gees van God wat nou in ons as gelowiges in Christus woon. Ons vergeet dit dikwels en voel oorweldig deur ons drange en impulse. Dink na oor die afgelope week. Dink aan 'n oomblik wat jou vlees jou in sy greep gehad het. Nou, dink daaraan in die lig van die waarheid dat jy die krag van die Gees van God binne-in jou het. Vra die Here om jou te help onthou en, deur geloof, in die waarheid van Sy krag te wandel. Jesus Christus woon in jou. Glo dit deur geloof. God sal sorg dat Sy krag jou swakheid oorkom. Alle lof aan God. As jy vorentoe in geloof wandel, sal Sy krag vertoon word en jy sal 'n oes van Sy geregtigheid dra. "Geloof is die versekering van die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie" (Hebreërs 11:1). "O Here, kan ek versterk word met krag deur U Gees in my innerlike wese, sodat Christus ten volle in my hart deur die geloof sal woon! Help my om in geloof te groei." DRA DIE VRUG Versterk met krag deur Sy Gees in my. SLUIT AF MET GEBED Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skri...

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid