Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 16 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 3:7-13
Oordink vir 'n paar minute die onnaspeurlike, grenslose gawes van Christus en dank God vir wat Hy jou in Hom gegee het. Wanneer ek hierdie gawes oorweeg, is ek dankbaar vir Sy ewige teenwoordigheid en Sy belofte dat Hy my nooit sal verlaat of versaak nie. Lees weereens deur hierdie gedeelte en neem kennis van al die gawes.

PLANT DIE SAAD
Sê saggies vandag se kernvers op. Bewaar dit in jou hart en oordink dit deur die dag.

Efesiërs 3:11-12
"volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here, in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom."

GEE DIE SAAD WATER
Waarom raak ons so vasgevang om nuwe items te bekom - 'n nuwe handsak, "daardie" skoene, die droomhuis, die regte stel klere, jy weet...? Of ons sê, "ek sal regtig bly wees wanneer... As my man tog net... Wanneer my dogter... Indien ek net 'n bietjie groter inkomste gehad het." Niks hiervan kan vergelyk word met dít wat ons alreeds het nie! Ons moet onsself daaraan herinner dat slegs Christus bevrediging kan bring (Psalm 16:11). Ons moet net ons "boeke" oor doen en ons denkwyse verander en sondige gewoontes vervang met goddelikes. God het ons toegerus met vrymoedigheid om Hom met vertroue te mag nader. Hy het nie net Sy hofsaaldeur oopgemaak nie, maar Hy het ook die deur na Sy private binnekamers oopgemaak. Ons word nou toegelaat om die Here van hemel en aarde aan te spreek as "Vader!" Dit het nog nooit tevore gebeur nie! Jou hemelse Vader nooi jou om binne te kom. Dag of tyd of onderwerp maak nie saak nie, Hy wil hê dat jy sal binnekom. Vertel vir Hom die dinge - aardse dinge - wat jou hart begeer. Vra Hom dan om jou te help dat jy Hom sal begeer en Sy heiligheid en Christus se geregtigheid. Voordat jy vandag wegbeweeg van hierdie toewyding, gebruik 'n tydjie om te bid, om hierdie waarheid ter harte te neem, kruip in die skoot van jou Vader en stort jou hart voor Hom uit.

DRA DIE VRUG
Wees toegerus met vrymoedigheid om Hom in vertroue te mag nader.

SLUIT AF MET GEBED
Vra God om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org