Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Plant en Versorg Jou Tuin
DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 3:1-6.
Wie sê Paulus is hy? Volgens vers 2, wat was aan hom gegee? En vir wie? Wat sê Paulus oor ons in vers 6?
PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.
Efesiërs 3:1
"Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, 'n gevangene deur my diens aan Christus Jesus."
GEE DIE SAAD WATER
1 Korintiërs 6:19-20 sê dat ons ook vir 'n doel gekies was: "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie. Julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik." Ons mag dalk nie letterlik in die tronk wees nie, maar ons is slawe van Christus Jesus (Romeine 6:15-23). Soos jy deur jou dag oor die skrifgedeelte hierbo nadink, hou aan om jou vlees vas te ketting en jou Gees vryheid te gee om Sy wil te doen. Onthou die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Galasiërs 5:22-23)
DRA DIE VRUG
Slawe van Jesus Christus.
SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org