Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 14 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 2:17-22.
Lees die skrifgedeelte 'n paar keer deur en vra die Here vir 'n dieper begrip van jou posisie in Hom en in Sy kerk. (Efesiërs 1:3-14)

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 2:19-20
"Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is."

GEE DIE SAAD WATER
Wanneer het Hy jou na Hom toe getrek? Dink 'n bietjie terug oor wanneer en hoe die Here jou oë geopen het om Hom as jou Heer en Redder te sien. Hoe het jy gegroei? Het jy Hom vandag meer lief? Het jy Sy Woord meer lief as ooit? Ons sien onsself as deel van 'n familie, 'n kerk, 'n buurt, 'n groep, 'n kantoor, maar hoe dikwels sien ons onsself as 'n lid van God se huishouding? 1 Petrus 2:5 sê "Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is." Buig voor die Here neer en bied aan Hom 'n lofoffer. Gaan Sy poorte in met dankbaarheid en Sy howe met lof. Dink aan die magtige waarheid in elke tree wat jy vandag neem.

DRA DIE VRUG
Lid van die huishouding van God.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org