Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 13 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 2:11-16
Kyk weer na vers 12. Watter woorde gebruik Paulus om ons posisie voor Christus te beskryf? Wat sê Paulus in vers 13 wat dit als verander het?

PLANT DIE SAAD
Sê vandag se kernvers saggies vir jouself op. Bewaar dit in jou hart en bepeins dit deur die dag.

Efesiërs 2:13
"Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat eens ver van God af gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus."

GEE DIE SAAD WATER
In 1 Petrus 2:10 word aan ons gesê: "Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het toé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys." So dikwels voel ons dat ons nie so na aan God kan wees soos wat ons wil wees nie. Daar blyk 'n muur of gaping te wees. As jy oor vandag se vers nadink, fokus op die waarheid dat die Here jou naby gebring het, die gordyn is in twee geskeur en jy is in staat om Sy troonkamer enige tyd binne te gaan. Vul jou dag deur die vers herhaaldelik op te sê en kies om te glo wat dit sê pleks van hoe jy voel.

DRA DIE VRUG
Nader gebring deur die bloed van Christus.

SLUIT AF MET GEBED
Vra die Here om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org