Lentesade: 'n Vrou se 40 Dae Reis Voorbeeld

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

DAG 12 VAN 90

Plant en Versorg Jou Tuin

DIE SAAD VAN WAARHEID
Lees Efesiërs 2:8-10.
Die hoofstuk en skrifgedeelte vertel ons dat ons verlossing 'n geskenk vanaf God is. Het jy die geskenk met volkome dankbaarheid ontvang? Soms mag jy dalk onwaardig daaroor voel of dit as vanselfsprekend aanvaar. Lees vers 8 stadig, woord vir woord. Hoe het jy gemaak om die verlossingsgeskenk te bekom?

Dit is deur genade - onverdiende guns. Jy het guns ontvang as gevolg van God se groot liefde en ryk genade. Dit is met 'n doel gegee, een wat God beplan het.

PLANT DIE SAAD

Herhaal vandag se kernverse saggies aan jouself. Sluit dit in jou hart op en bedink dit deur die dag.

Efesiërs 2:10
"Want God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."

GEE DIE SAAD WATER
Dink na wat dit beteken om die produk van Sy handewerk te wees. Alles - jou lewe, omstandighede, persoonlikheid, talente, jou sterk en swak punte - het bygedra tot wie jy is en wat jy gekies is om te wees in Christus. Neem 'n tydjie vandag om God te dank vir Sy handewerk in jou. Vra Hom om jou te laat sien hoe Hy jou toegerus het om die liggaam van Christus te seën. Luister en neem dit in. Vra Hom vir wysheid en verstand. Volg Hom waar Hy jou lei in die paaie van geregtigheid en wees geduldig soos Hy jou lei. Wees vol moed!

DRA DIE VRUG
Geskep vir goeie werke.

SLUIT AF MET GEBED
Vra God om dit wat vandag in jou hart geplant is, te laat groei.

Aangaande hierdie leesplan

Seeds of Spring: A Woman's 40-day Journey

Die Bybel maak gereeld gebruik van seisoene as illustrasies van God se werk in ons. Hierdie 40-dae Dagstuk vir Vroueword 'n tuin gebruik as voorbeeld vir haar groei in Christus. Jy sal elke dag "Saad van Waarhede"(Skrifverse) ontvang asook riglyne oor hoe om die "Saad te Plant"(Ter harte te neem) en "Gee Die Saad Water"(Toepassing). Raak opgewonde! Die Here wil 'n pragtige tuin van Sy karakter in jou hart kom plant - wat oorloop van Sy volheid. Ideaal vir besige moeders, enkelvroue en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: www.thistlebendcottage.org