Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 9 VAN 30

Laat God Kies




Jare gelede het ek ʼn huis in die Filippyne besoek waar ʼn groep Christene bymekaargekom het. Hulle het gesê dat hulle my wil bedien met ʼn plaaslike lekkerny, toe haal hulle ʼn eier uit — trouens, ʼn eend se eier. Hulle het vir my gesê: “Dit is 'balut' en ons in die Filippyne is lief daarvoor om dit te eet.” Toe breek hul die eier oop.



Toe die dop verwyder is, was daar ʼn gedeeltelik gevormde eend. Ek kon die kop sien met ʼn bek. Ek kon die vere sien en daar was ʼn soort bruin vloeistof. Hulle het gesê, “Greg, eers drink jy die vloeistof en dan eet jy die eend.....Nou moet jy een eet.”

"Ek dink regtig nie ek sal dit kan doen nie," het ek gesê.



Iemand het in my oor gefluister: “As jy dit nie eet nie, gaan hul kultureel beledig voel.”

“As ek dit eet en opgooi, gaan hul meer beledig voel,” Het ek terug gefluister.



Ek het dit nooit geëet nie.



Aan die kruis het Jesus die beker geneem wat sy Vader vir hom gegee het en Hy het alles gedrink. Hy het vroeër gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydnsbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil" (Matteus 26:39).



Hier het Jesus vir ons ʼn voorbeeld gegee van wat ons moet doen in tye van onsekerheid, daardie tye wanneer ons nie verstaan wat op ons pad gekom het (en dalk nie eens met God daaroor saamstem) nie. Ons kan God vir twee dinge vra: dat Hy, óf daardie ding moet wegneem, óf vir ons die krag gee om daardeur te kom.



D.L Moody het gesê: “Bring jou versoekskrif voor God en sê dan, 'Laat u wil geskied, nie myne nie.' Die mooiste les wat ek in God se skool geleer het, is om die Here toe te laat om vir my te kies.”



God weet wat Hy doen.



Ter opsomming: In tye van onsekerheid, laat God vir jou kies!




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid