Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 8 VAN 30

Nie die Aas nie, maar die Byt Daarvan



Die vraag ontstaan of Judas Iskariot net eenvoudig ʼn pion was. Wat hy gedoen het, het die dood van Jesus teweeggebring, waaarvan die resultaat die redding van die hele mensdom was. Het dit nie? Ja, maar kom ons oorweeg die volgende: net omdat daar goed daaruit gekom het, ten spyte van sy verraad teenoor Jesus, regverdig dit nog steeds nie die daad nie.



By die kruis was daar streng gesproke twee kragte aan die werk. Beide God die Vader en die duiwel het na dieselfde gebeurtenis beweeg; die dood van Jesus Christus. Die duiwel wou Jesus stop en stil hê. Hy wou Hom tot 'n einde bring. Aan die ander kant was God die Vader se doel dat Jesus versoening vir ons sondes bring. Die mikpunte was dus totaal en al verskillend, maar beide het na dieselfde gebeurtenis beweeg.



Ons moet egter na die volgende kyk: Judas het die werk van die duiwel gedoen. Dit is ook belangrik om in ag te neem dat hy die verraad van Jesus begin het (sien Matteus 26:14). Judas het dit begin. Hy het dit in beweging gebring. Niemand het hom gedwing om dit te doen nie. Judas was self verantwoordelik vir die besluite wat hy geneem het.



Die resultaat was egter tot verheerliking van God, maar dit was definitief nie die duiwel se bedoeling nie. Judas was nie die slagoffer van omstandighede of die passiewe instrument van voorsienigheid nie. Hy het hierdie besluit heeltemal op sy eie geneem. Ja, die duiwel het die gedagte in Judas se denke geplant om Christus te verraai. Ons lees in Johannes 13:2: “... die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot, op die gedagte gebring om Jesus te verraai". Judas kon die versoeking weerstaan het, net soos ons ook almal versoekings kan weerstaan. Die feit is dat die duiwel ʼn gewillige instrument in Judas gevind het. Judas het die aas geneem, daarmee gehardloop en die Here verraai.



Onthou, dit is nie die aas wat die versoeking realiteit gemaak het nie. Dit was eers toe die aas gebyt is.



Ter opsomming: Judas het die aas van versoeking geneem, maar hy kon dit weerstaan het — wat van jou?




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.



Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid