Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 7 VAN 30

Waarom ʼn Gewete Goed Is



Solank as wat jy asemhaal, sal jy nooit ophou sondig nie. Selfs al is jy ʼn Christen, sal jy sondig. Daar is egter ʼn verskil tussen, om ʼn sondaar te wees en om in ʼn patroon van sonde te leef. As jy ʼn ware Christen is, sal jy nie in ʼn sonderoetine leef nie.



Soos 1 Johannes 3:9 sê: “Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is."



As jy as Christen begin om in die verkeerde rigting te beweeg en iets sondigs wil doen, kom jy onder die oortuiging van die Heilige Gees. Die feit dat jy daarvan bewus is dat dit verkeerd is en dat jy dit nie moet doen nie, is ʼn goeie teken. As jy uiteindelik doen wat jy weet verkeerd is en baie skuldig daaroor voel, dan is dit ook ʼn goeie teken. Dit beteken dat die alarm in jou gewete werk.



Dit is soos ʼn rookalarm wat jou waarsku teen gevaar of die nodigheid daarvan om die battery om te ruil.



Dit is hoe ons gewete werk. Dit vertel ons dat dit wat ons doen verkeerd is.



Jy moet bekommerd wees wanneer jy sonde doen en nie aangekla voel nie en wanneer jy kan voortgaan met die sonde en geen skuldgevoel beleef nie. Dit beteken jou alarm werk nie of is ontkoppel, of jy het glad nie meer een nie.



Miskien het jy God se hand van tug in jou lewe ervaar. Miskien was jy aangekla, of jy beleef dalk skuldgevoelens. Juig! Dit beteken jou gewete werk. Wanneer God met jou afreken wanneer jy afdwaal, is dit ʼn aanduiding dat jy sy kind is.



Ter opsomming: Jou gewete is soos ʼn rookalarm wat jou teen gevaar waarsku.




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Skrifaanhalings kom uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid