Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 5 VAN 30

Die Gebede van Jesus



Stel jouself voor dat jy tyd saam met Jesus deurbring en dan draai Hy skielik na jou en sê: “O, terloops, die duiwel het by name na jou gevra.”



”Die duiwel? U bedoel ... Lucifer self?”



”Ja. Dit is reg.”



Dit is wat met Petrus gebeur het. Hy en die ander dissipels het so pas die Laaste Avondmaal saam met Jesus gevier, toe Hy die volgende openbaring aan hulle bekendgemaak het: “Julle almal sal My vannag nog in die steek laat. Daar staan immers geskrywe: 'Ek sal die herder doodmaak, en die skape van sy kudde sal uitmekaar gejaag word.' Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe” (Matteus 26: 31-32).



Maar Petrus het geantwoord: “Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie” (vers 33).



Jesus se antwoord het hierop neergekom: "Wel, aangesien jy dit aanroer, Rots, laat Ek jou iets vertel. Voor die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy My ooit geken het en luister hierna, Petrus: die Satan het al verskeie kere gevra dat jy uit die sorg en beskerming van God geneem moet word.”



Die goeie nuus is dat Jesus vir Petrus gebid het en Jesus bid vir jou ook. Romeine 8:34 sê: “Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.” Jesus is aan jou kant. Hy tree vir jou in.



Bybel kommentator Robert Murray McCheyne, het gesê: “As ek Jesus in die kamer langsaan vir my kon hoor bid, sou ek 'n miljoen vyande nie vrees nie. Nietemin, maak afstand geen verskil nie. Hy bid vir my.



Was dit nie vir die gebede van Jesus nie, sou nie ek of jy 'n kans gestaan het nie.

Ter opsomming: Jesus is op hierdie oomblik besig om vir jou te bid!



Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Skrifaanhalings is uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe geneem.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid