Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 2 VAN 30

Berou of Jammerte?

Daar is ʼn verskil tussen berou hê en om jammer te wees. Om jammer te wees, is om spyt te wees dat jy uitgevang is. Byvoorbeeld, as jy ʼn bank beroof, vir 'n rukkie daarmee wegkom en dan in hegtenis geneem word, is jy jammer. Hoekom? Want jy is uitgevang.

Of, as jy op die snelweg ry en deur die verkeerskonstabel afgetrek word, is jy jammer. Hoekom? Want jy is uitgevang, nie omdat jy die spoedgrens oorskry het nie. Dit is nie berou nie; dit is bloot om jammer te wees. Berou is egter om jammer genoeg te wees om op te hou met wat jy doen en jou optrede te verander.

Judas Iskariot was jammer dat hy Jesus verraai het. Hy het geweet dat Jesus onskuldig was. Hy het geweet wat hy verkeerd doen en as hy berou gehad het, kon hy nog steeds na Jesus toe gegaan het, maar in plaas daarvan het hy na die godsdienstige leiers toe gegaan en hoe het dit hom gehelp?

Hulle het gesê: “Weet jy wat? Dit beteken niks vir ons nie. Dit is jou probleem. Jy het jou doel gedien. Gee pad hier.” Dit is tipies van hierdie wêreld. Dit beloof vryheid, maar dit bring slawerny. Dit beloof genietinge, maar dit bring skuldgevoelens. In plaas van geluk, bring dit hartseer. In plaas van plesier, bring dit pyn. Behalwe Jesus, het Judas nie ʼn vriend in die wêreld gehad nie — en hy het sy vriend verraai. Dus het Judas hom na godsdiens gekeer en godsdiens het niks gehad om hom te bied nie. Hy het Christus nodig gehad.

Godsdiens is soos om ʼn pleister te kry as jy ʼn ope-hartoperasie nodig het. Ons het nie ʼn bietjie godsdiens nodig nie, want ʼn bietjie godsdiens — of selfs baie daarvan – gaan ons nie help nie. Ons het baie meer van Jesus nodig.

Waarheen gaan jou skuldgevoelens jou dryf? As jy skuldig voel oor jou sonde, waar gaan jy heen: na Jesus toe. Dit is die enigste plek om heen te gaan.

Ter opsomming: Ken jy die verskil tussen goddelike hartseer en jammerte?


Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org