'n Lewe van IntegriteitVoorbeeld

"Wat Is Integriteit"
Dit is moeilik om integriteit te definieer. Die woordeboek definieer dit as om "volhardend volgens morele en etiese beginsels te leef." In die alledaagse lewe word integriteit as eerlikheid en betroubaarheid beskou. Indien ons integriteit op hierdie twee definisies baseer, kan ons 'n lewe lei waar ons kies om moreel reg te lewe, in die hoop dat ander ons as betroubaar en onberispelik sien en op ons kan staatmaak. Beide definisies is korrek, maar tog ontbreek daar iets. Integriteit is soveel meer as dit.
Ware integriteit behels eenvoudig die volgende: om te lewe en te praat in ooreenstemming met wat God as onberispelik beskou. Integriteit vereis dat ons woorde en dade getrou aan God se beginsels en waarheid is. Hoekom is dit op God se beginsels gebaseer? Hy is die outeur van alles wat onberispelik en waar is. Wanneer ons lewe en daarop aanspraak maak dat God ons Skepper is, moet ons onthou dat Hy ons geskape het om volgens sy standaarde van waarheid te leef .
Hy het ons geskape sodat ons ons morele en etiese beginsels van Hom af kan ontvang. As ons dit op enige ander plek vind, is dit mensgemaak en nie ware integriteit nie. Sy waarheid is die enigste wat ons 'n lewe van ware integriteit kan lei. Dus, om met integriteit te lewe, beteken dat ons ja sê vir wat God as onberispelik en goed ag, ongeag die nagevolge.
Integriteit is meer waardevol as rykdom en belangriker as ons gerief. Die eerste stap na 'n lewe van integriteit is geloof in die Woord van God as die enigste standaard wat ons kan gebruik om ons kernwaardes te beoordeel. Besluit vandag om ontvanklik te wees vir 'n lewenstyl wat weet wat integriteit is en hoe om dit te verkry.

Aangaande hierdie leesplan

Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in ooreenstemming met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels om 'n lewe van integriteit te ontwikkel.
More
Baie dankie aan Markey Motsinger wat hierdie plan verskaf het. Besoek gerus markeymotsinger.com vir meer inligting.