Leesplan inligting

'n Lewe van IntegriteitVoorbeeld

A Life Of Integrity

DAG 4 VAN 4

"Dis 'n Keuse"



Integriteit word nie bepaal deur jou eerlikheid nie; dit word bepaal deur die keuses wat jy maak. Wat integriteit aan betref, moet ons woorde en dade ooreenstem. Ons kan nie net sê dat ons integriteit het nie. Dit moet ons keuse wees.



My moeilikste integriteit kwessies gaan oor geld. Ek vrees wat die toekoms mag inhou en hierdie vrees het gemaak dat ek regdeur my lewe my integriteit in gevaar gestel het. Op kollege is aan my gesê dat ek nie 'n splinternuwe paar skoene mag teruggee nie, omdat ek nie die oorspronklike skoenboks gehad het nie. So... ek het 'n boks van die rak af geneem en het die skoene in 'n ander boks terug gegee, ten spyte daarvan dat ek geweet het dat ek meer geld sou terug kry as wat ek betaal het. Kon ek dit regverdig? Verseker. Het ek? Ja. Dit maak seer om dit te erken, maar ek het bedrog en diefstal gekies.



Integriteit is 'n moeilike keuse, want dit vra van ons om ons selfsugtige begeertes prys te gee. Ons laat die kans verbygaan net om te kry wat ons wil hê, wanneer ons dit wil hê en hoe ons dit wil hê. Om ons begeertes prys te gee, is nie maklik, gerieflik of pret nie. Dit behels 'n groot deel van wat dit so moeilik maak om integriteit te kies.



Daar is drie dinge wat ons help om integriteit te kies. Eerstens: wat ook al tot ons voordeel strek, is net vir 'n oomblik. God se waarheid hou 'n leeftyd. Tweedens: kies om aan die gevolge te dink. Die gevolge van om daardie skoene terug te gee, was baie meer as om R250 te verloor. Derdens: kies om dieper in God se Woord te delf. Deur Sy waarheid in ons hart te bewaar, is ons in staat om met die integriteit te leef waarvan Sy Woord praat.



Integriteit beteken om te kies wat God sê reg is, selfs wanneer niemand kyk nie en selfs wanneer die keuse nie maklik is nie. God dwing ons nie om met integriteit te lewe nie, maar wanneer ons dit verstaan, sal dit nie nodig wees om gedwing te word nie. Ons kies dit, want dit beteken om 'n leefwyse te handhaaf wat lewe gee. Jy sal nie spyt wees wanneer jy integriteit kies nie!
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Life Of Integrity

Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in lyn met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels...

More

Baie dankie aan Markey Motsinger wat hierdie plan verskaf het. Besoek gerus markeymotsinger.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid