Leesplan inligting

'n Lewe van IntegriteitVoorbeeld

A Life Of Integrity

DAG 3 VAN 4

"Ons Integriteit in Gevaar"



Enigiets behalwe God se waarheid, stel ons integriteit in gevaar. Dit maak nie saak hoe gering die situasie is waarvoor ons skik nie, dit sal die integriteit in ons hart skaad. Hier lê die probleem - 'n skikking lei tot regverdiging en regverdiging lei tot verwarring. Wat swart en wit was verdof na grys en ons regverdig waarom God se waarheid nie nodig is om in elke situasie vir ons leiding te gee nie.



Ons woorde is een van die maklikste maniere wat ons gebruik om tot 'n skikking te kom. Met ons woorde oordryf ons, skinder ons, vertel ons wit leuens en maak ons beloftes wat ons nie kan nakom. En dan begin die regverdiging. 'n Wit leuen is nie regtig 'n leuen nie, is dit? En buitendien, dis beter as om iemand se gevoelens seer te maak. Wat is die nou die probleem as niemand seer kry nie? Swart en wit word grys.



Ons kan ook ons dade in gevaar stel. Ons vat iets klein sonder toestemming, teken nie ons tyd aan wanneer ons uit die kantoor gaan nie, aanvaar krediet vir wat ons nie gedoen het nie. Dan begin ons dit regverdig. Ons het nie die vorige keer die krediet gekry vir wat ons toegekom het, dus is dit in orde. Hulle sal nie agterkom as een item weg is nie, hulle kan dit bekostig. Swart en wit word grys.



Met elke verskoning, skikking en regverdiging word God se waarheid vervorm en die rol wat dit in ons lewe speel, word aangepas. God kyk na ons hart, nie hoe groot die skikking is wat ons aangaan nie. Daar is geen grys areas vir Sy waarheid wat net swart en wit is nie.



'n Skikking kan op 'n gegewe oomblik na die makliker opsie lyk, maar God se waarheid gee ware lewe. Wanneer ons woorde en dade ooreenstem met wat ons glo, of sê wat ons glo, spandeer ons minder tyd en energie daaraan om onsself te bevraagteken en bekommerd te wees of ander sal uitvind. 'n Skikking en regverdiging vertroebel die waarheid van God se begeerte vir ons lewe. Kies die waarheid, selfs wanneer dit ongemaklik en moeilik is.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

A Life Of Integrity

Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in lyn met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels...

More

Baie dankie aan Markey Motsinger wat hierdie plan verskaf het. Besoek gerus markeymotsinger.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid