Leesplan inligting

'n Lewe van IntegriteitVoorbeeld

A Life Of Integrity

DAG 2 VAN 4

"Die Pad Na Integriteit"



Dis net God se Gees wat integriteit in ons kan skep, maar alles in die wêreld kan dit van ons af wegneem. Mense en situasies sal opsetlik en onbewustelik ons integriteit besoedel en ons laat toegewings maak. Ons word nie met integriteit gebore nie, dus moet ons daarvoor veg as ons dit wil hê.



As ons ernstig is daaroor om met integriteit te lewe, moet ons God se waarheid van harte ken, verstaan en liefhê. Hierdie waarheid help ons om wysheid in ons lewe te ontwikkel. Dit help ons ook om onderskeid te maak tussen verskillende praktyke en grense wat deel uitmaak van iemand wat met integriteit lewe.



Hierdie stryd vereis dat ons onsself omring met mense wat ons dophou en verantwoordbaar hou vir ons dade. Sonde vermeerder as niemand daaroor praat nie en word as niks afgemaak as 'n persoon nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie. As ons dink niemand gee om of sal van ons sonde uitvind nie, is dit maklik om daarmee voort te gaan. Aanspreeklikheid is moeilik, maar dit is een van die belangrike eienskappe wat nodig is om verantwoordelikheid vir ons dade en woorde te neem.



Ons sal al hoe meer met integriteit kan lewe as ons daarvoor veg, te midde van situasies wat ons gedurig van God se waarheid af wil wegneem. Dit is makliker as ons nie iets beloof wat ons nie kan nakom nie, van werk verander of ander vriende vind.



Ons sal nooit alles altyd kan reg doen nie. Ons almal struikel. Ons maak almal foute. Dit maak nie saak hoeveel integriteit ons het nie, ons sal nooit perfek wees nie. Dit is veral só in tye wat ons vreesagtig is, 'n ramp beleef, of ons lewe uitmekaar val. Dit is dan moeilik om die regte keuse te maak. Die sleutel tot integriteit is om ons foute te erken en verantwoordelikheid vir ons dade te neem. Wanneer ons met integriteit lewe help dit ons om ons foute raak te sien en God se genade en vergifnis te soek.



Integriteit is nie iets wat jy het of nie het nie, dit is 'n leefstyl waarna ons doelbewus moet streef. Streef met opset na God se waarheid en wysheid. Stry teen alles wat jou van integriteit wil beroof of weglei. Besluit om doelbewus die dinge na te streef wat waarde het.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

A Life Of Integrity

Bedoel jy wat jy sê, en sê jy wat jy bedoel? Is jou optrede en woorde in lyn met wat jy sê en glo? In vandag se samelewing is dit moeilik om met integriteit te lewe. In hierdie leesplan kyk ons van naderby wat dit behels...

More

Baie dankie aan Markey Motsinger wat hierdie plan verskaf het. Besoek gerus markeymotsinger.com vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid