Leesplan inligting

Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 9 VAN 13

Een Liggaam, Baie Lede


Ek het pas die foon neergesit na 'n gesprek met my ouers, wat my nuus gegee het wat ek nooit gedink of verwag het om te hoor nie — my broer het sy eie lewe geneem. Ek het nie geweet wat om te doen nie, want hy was altyd die persoon na wie ek in tye van nood gegaan het. Wanneer enigiets gebeur het, goed of sleg, was hy die eerste persoon wat ek gebel het.



Gelukkig was ek deel van 'n gemeenskap. Ek het die leier van my kleingroep geskakel en binne 'n uur, het vier vriende na my woonstel gekom om my te ondersteun. Wat oor die volgende weke en maande gebeur het, was ongelooflik. Sommige het gekom en my toegelaat om te huil. Ander het my uitgeneem en my laat lag. Sommige het etes voorsien. Ander het ter ere van my broer, donasies vir liefdadigheidswerk geskenk. Sommige het deur die nag gery om by my broer se gedenkdiens te wees om my daar te ondersteun. Ander het selfs my woonstel vir Kersfees versier om my terug te verwelkom van my moeilike reis af. My vriende het my versorg soos God elkeen van hulle toegerus het.



1 Korinthiërs 12 leer ons dat ons een liggaam met baie lede is. God het elkeen van ons unieke gawes, talente en passies gegee om te gebruik om ander mee te dien. Ek is my vriende ewig dankbaar, dat dit wat hulle gehad het, hulle gebruik het om my in my tyd van hartseer te bedien. Ek wil jou vandag bemoedig om te onthou dat jy presies het wat nodig is om ander te bedien en om soos Jesus lief te hê in die tyd van hul grootste nood.


Amanda Davis
Life.Church Tulsa


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef...

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid