Leesplan inligting

Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 1 VAN 13

Om die Gebrokenes Lief te Hê


Ek het in 'n gebroke huis grootgeword. Dwelms, alkohol en fisiese mishandeling was algemeen en te wagte. Dit het nie vir my lank gevat om sommige van dieselfde karaktereienskappe aan te neem wat ek daagliks gesien het nie. Voor ek my oë kon uitvee, het ek laat uitgebly om te drink, en het dwelms uit my stiefpa se voorraad gesteel om te verkoop en gereeld self te gebruik. Ek onthou dat ek een oggend om 7:00 huis toe geloop het om reg te maak vir skool, na 'n nag van drank- en dwelmmisbruik. Ek het in die spieël gekyk, ongelukkig met die persoon wat na my gestaar het. Ek het iemand geword wat ek vir so lank verag het — iemand wat ek myself beloof het ek nooit sou wees nie. Dit het my nie lank gevat om dit te regverdig en myself te oortuig dat dit is wie ek bestem was om te wees nie. "Dit is al wat die lewe in 'n klein dorpie het om aan te bied," het ek myself wysgemaak. "Wat anders is daar om te doen?"



Gedurende hierdie tyd, het my ouma my aanhoudend kerk toe genooi. Party naweke het ek ingegee en seker gemaak dat ek nugter genoeg was of het ek net nie die vorige aand so wild partytjie gehou nie. Soos ek voorheen gesê het, het ek in 'n klein dorpie gewoon. As jy al ooit in een gewoon het, sal jy weet dat almal gewoonlik weet wat jy doen voor jy dit al gedoen het. My ouma was bewus van my dwelmmisbruik en het gereeld gebid dat God sy liefde en die planne wat Hy vir my het, aan my sou wys. Hierdie planne was baie meer belowend en hoopvol as wat ek ooit kon droom of my kon indink.



Die lewe tuis het al erger geraak en die mishandeling het van matig tot baie erg gegaan. As ek vandag terugkyk is dit wonderlik om te sien hoe God die tydslyn van gebeure beplan het. My ouma se liefde vir my en haar vermoë om verby my foute te kyk, het my gelei na 'n gesin wat bereid was om my in te neem as hul eie. Hulle het 'n kans gewaag met 'n probleem-tiener. Deur hul liefde en aanvaarding was ek in staat om Christus se liefde vir my raak te sien. Dit is as gevolg van daardie liefde dat ek nou 'n veranderde man is. 'n Man met 'n wonderlike huwelik en kinders wat grootgemaak gaan word met die bewustheid van die liefde waarvan ek destyds onbewus was. Ek het al hierdie dinge bygekry omdat 'n aantal mense in staat was Om Soos Jesus Lief te Hê.



Danny Duran
Life.Church Overland Park


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te leef...

More

Ons wil Life.Church graag bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid