Leesplan inligting

Om Soos Jesus Lief te HêVoorbeeld

Love Like Jesus

DAG 11 VAN 13

Soos Christus die Kerk Liefhet (deel 2)



Ons was getroud vir net twee kort jare toe sy dit een aand die eerste keer gevoel het: 'n skerp steekpyn wat onmiddellik al haar ander sintuie oorweldig het. Die intensiteit sou afneem in die volgende paar uur in golwe van pyn, tande kners en trane. As 'n skaam en skraal 20-jarige, het ek beloof om hierdie vrou lief te hê, in die goeie tye en die slegte, maar ek het aangeneem die slegte sal kom na dekades van voorbereiding. Dit is nie wat gebeur het nie. Die pyn het aangehou. In die nag, met 'n baba verder af in die gang, het ons probeer om te konnekteer op dieselfde manier as wat meeste getroude paartjies geniet, maar in plaas daarvan was daar net pyn. Dit was die eerste paar dae van wat 'n drie-jaar intimiteitsdroogte sou word. Dit het in ons slaapkamer ingekruip en het verdoemend oor ons huwelik gehang soos 'n lang laatmiddag skaduwee. Die daad wat bedoel was om ons nader aan mekaar te bring, het ons nou uitmekaar gedryf. Weke sou verbygaan waarna ons weer sou probeer, in die hoop dat die omstandighede verander het, maar dit het nie. Gou het ons heeltemal opgehou om te probeer. Baie aande het ons ons rûe op mekaar gedraai en na teenoorgestelde mure gestaar. Ek kon haar gedempte snikke hoor soos wat sy probeer het om haar pyn weg te steek en ek sou saggies in my kussing huil.




Dit was nie hoe ek 'n huwelik voorgestel het nie. Die skottelgoed en die doeke, die wasgoed en die grasperk — al die verantwoordelikhede het opgehoop en ons verder uitmekaar gedryf. Na die argumente was geen oomblikke van opmaak nie. Daar was geen Saterdagoggende nie. Daar was geen aande wat ons sou uitgaan nie. Die geveg het ons fisiek en emosioneel getraumatiseerd gelaat. Ek het gedink ek het haar lief soos Christus die kerk liefhet, maar ek het nie werklik geweet wat dit beteken het om myself vir haar op te offer nie. Ek het besef hoe min ek eintlik daarvan geweet het hoe om soos Jesus lief te hê. Ek het dit ernstig oorweeg om op te gee. Ek het baie aande, nadat sy gaan slaap het, laat opgebly en in gebed voor God gehuil. Ek het gesien hoe my herhaaldelike pogings om weer met haar in kontak te kom, dag na dag vinnig afgewys word vir redes wat ek nie kon verstaan nie.



Dit is toe dat God my oë oopgemaak het en ek onthou ek het gedink: dit is hoe Jesus oor my voel. Elke oggend het Hy gevra dat ek met Hom moet kontak maak, maar ek was te besig. Elke aand voor bedtyd, in plaas daarvan om tyd met Jesus deur te bring, het ek my emosionele energie opgebrand terwyl ek in my selfbejammering rondgerol het. Ek kon Jesus se pyn en gebroke hart voorstel soos wat ek sy intiemste uitnodigings verwerp het.



Die heeltyd het ek vasgehou aan my regte as 'n eggenoot, terwyl ek beweer het dat dit alles was om ons huwelik te versterk. As ek dit hierdeur wou maak, sou ek moes verander. Selfs al was dit eensydig, het sy nodig gehad dat ek my regte as 'n eggenoot eenkant toe skuif en haar onvoorwaardelik liefhê. Elke keer wanneer ek die pyn van verwerping gevoel het, het ek onthou hoe God gevoel het toe ek Hom verwerp het. Efesiërs sê: 'n man wat sy vrou liefhet, het homself lief. Ek het geleer toe ek die minste geliefd gevoel het, was toe ek dit die nodigste gehad het om my vrou lief te hê. Daardie soort volwassenheid het nie sommer net gekom soos wat die tyd verbygegaan het nie. Dit moes gekweek word deur pyn, opoffering en onderdanigheid.



Ek is nog steeds nie so goed daarmee om haar lief hê soos Jesus nie, maar Hy het genadiglik ons huwelik ten volle herstel en ons 'n hegte band gegee. As gevolg van ons pyn en ons keuse om mekaar deur alles lief te hê, geniet ons 'n vlak van intimiteit wat sommige huwelike nooit sal ervaar nie.



Michael Martin
YouVersionspan


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Love Like Jesus

Hoe kan ons leer om soos Jesus te leef as ons nie eerstens soos Hy liefhet nie? Lees saam met Life.Church personeel en huweliksmaats terwyl hulle die ondervindinge en Skrifgedeeltes deel wat hulle inspireer om voluit te ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid