Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 3 VAN 12

'n Seën vir Alle Gesinne


Deur Danny Saavedra



"Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is" — Galasiërs 3:7. 



God het eendag vir 'n man, Abraham, gevra om sy goed te pak, sy ouers en huis te verlaat en na 'n verafgeleë plek te vertrek. Daardie dag het God ook aan Abraham 'n belofte gemaak — 'n belofte dat 'n groot nasie uit sy gesin sou voortkom en geseënd sou wees. 



Die eienaardige deel is dit: Abraham was toe 75 jaar oud en het nog geen kinders gehad nie. Abraham het gewonder hoe God vir hom 'n groot gesin kon gee aangesien hy reeds 'n ou man sonder enige kinders was, wat nog te sê van 'n groot nageslag. God openbaar toe sy plan. Trouens, God het vir Abraham gesê om die sterre in die hemel te tel, want dis hoe groot sy nageslag sou wees. Dit is voorwaar baie! 



Raai wat? Al het dit hopeloos gelyk en glad nie sin gemaak nie, het Abraham geglo dat God se belofte oor sy nageslag waar sou word. Dit is hoekom Abraham die vader van geloof genoem word. Hy het God se belofte geglo, al het dit vir hom onwaarskynlik voorgekom. 



Die Kersverhaal gaan oor Jesus se koms na die wêreld toe om ons van ons sonde te verlos, sodat ons vir ewig by Hom in die hemel kan wees. Al wat ons hoef te doen, is om ons geloof in Hom te plaas. Abraham se verhaal leer ons dat daar niks is wat ons kan doen om God se beloftes te verdien nie, behalwe om dit deur geloof te aanvaar. Ruim nou tyd in om God te dank dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid