Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 8 VAN 12

Die Vasbeslote Dogter en die Losser 


Deur Danny Saavedra



"... maar Rut het styf vasgehou ..." — Rut 1:14 (ABA).



Die verhaal van Rut het nogal 'n hartseer begin. Naomi se man en twee seuns het gesterf. Sy sê toe vir haar twee skoondogters om na hul ouers terug te gaan. Naomi wou na haar familie in Juda terugkeer. Een skoondogter het gedoen wat Naomi gevra het, maar die ander een, Rut, wou by Naomi bly om vir haar te sorg. 



Rut het nie geweet wat die toekoms inhou nie, maar sy het verkies om vir Naomi te sorg voordat sy aan haarself gedink het. Rut het God nie geken voor sy Naomi ontmoet het nie, maar nou wou sy net soos Naomi, Hom ook volg. Rut het gesê: "Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God" (Rut 1:16). 



Om vir Naomi te kan sorg, het Rut bedags baie hard gewerk op die graanlande waar sy are opgetel het. Boas was die eienaar van die graanlande. Hy was vriendelik met Rut. Toe hy haar verhaal hoor en dat sy by Naomi bly om vir haar te sorg, het hy haar liefgekry. Kort daarna is Boas en Rut getroud. 



Alhoewel Rut se verhaal hartseer begin het, het dit 'n gelukkige einde gehad. God het vir Rut en Naomi voorsien en geseën omdat hulle voortgegaan het om Hom te volg. Boas was lief vir Rut en het vir die res van hul lewens vir haar en Naomi gesorg. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid