Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 5 VAN 12

Die Weghardloper en die Stoeier 


Deur Danny Saavedra



"Jakob het alleen daar agtergebly, en 'n man het tot dagbreek met hom gestoei ... hy het vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het" — Genesis 32:24-25.



Was jy al ooit in 'n stoeigeveg betrokke? Jy mag dalk verbaas wees om te weet daar is ook 'n stoeigeveg in die Bybel! 



Weet jy, daar was 'n man, Jakob, wat regdeur sy lewe altyd van sy probleme af weggehardloop het. Toe dinge tussen hom en sy broer Esau skeefgeloop het, het hy weggehardloop. Toe daar 'n probleem tussen hom en sy oom Laban ontstaan het, het hy weggehardloop. In plaas daarvan om God om hulp te vra, sou Jakob sommer net weghardloop. 



Toe gebeur daar iets wat vir Jakob baie bang gemaak het. Hy het gehoor sy broer agtervolg hom met 'n leërmag van 400 manskappe. Wat dink jy het hy dus gedoen? Hy het hom gereedgemaak om weer weg te hardloop. God het egter 'n ander plan vir Jakob gehad. God het met Jakob gestoei en sy heup uit die potjie geslaan. 



Jy dink nou seker: "Waarom sou God dit doen?" God wou hê Jakob moes ophou weghardloop. God wou hê Jakob moes op Hom staat maak soos Abraham en Isak voor hom. 



God het toe vir Jakob 'n nuwe naam gegee ... Israel. Dit beteken "teen God gestoei en gewen". Jakob, wat nou Israel was, het toe 'n keuse gemaak om geloof in God te hê en nie weer weg te hardloop wanneer dinge skeefloop nie. Wanneer ons dus voor 'n probleem te staan kom, bang is en onseker is wat om te doen ... onthou God wil hê ons moet Hom vra om ons te help. Hy wil hê ons moet soos Israel wees, nie soos Jakob nie. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid