Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 4 VAN 12

Die Seun as Offerlam


Deur Danny Saavedra



"My seun, God sal sy eie offerlam voorsien" — Genesis 22:8.



Onthou jy nog in gister se verhaal toe God die eienaardige belofte aan Abraham gemaak het dat Hy vir hom 'n seun sal gee, al was hy 'n ou man? Raai net wat? Daardie belofte het waar geword! 



'n Seun, Isak, is vir Abraham gebore. Tog eindig Abraham se verhaal nie hier nie. God het hom eendag gevra om 'n baie moeilike ding te doen. God het vir Abraham gevra om sy seun wat hy so baie liefhet, na 'n berg te neem en daar aan God te offer. Dit het seker gevoel soos wanneer jou ouers jou vra om jou gunsteling speelding weg te gee — en jy dit nooit weer sal sien nie. 



Abraham het waarskynlik gewonder wat God dan dink. Hoe kon Hy hom vra om dit te doen? Onthou, Abraham het 'n baie, baie lang tyd vir sy seun Isak gewag. God hou altyd sy beloftes en het belowe dat Abraham eendag 'n groot nageslag sou hê. 



Al het Abraham dit nie verstaan nie, het hy God vertrou en geglo Hy sou 'n offerlam in Isak se plek voorsien. God het ook! Omdat Abraham soveel geloof in God gehad het, het God aan hom gesê: "Omdat jy aan My gehoorsaam was, sal Ek jou seën." 



Dit is soms moeilik om te verstaan waarom God sekere dinge doen. Daar is egter drie dinge waarop ons altyd kan staat maak: God het ons lief, Hy is goed, en Hy hou altyd sy beloftes. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid