Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 7 VAN 12

Hoop vir dié Sonder Hoop


Deur Danny Saavedra



"Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie" — Hebreërs 11:31.



As jy 'n appel, 'n piesang, druiwe en broccoli op 'n tafel sien, watter een sal jy sê pas nie? Watter voorwerp is nie soos die ander nie? 



As ons iemand moes kies wat nie lyk of hulle in Jesus se familie hoort nie, sou dit waarskynlik Ragab wees. Dit is egter wat so fantasties van God se familie is — almal is genooi. 



Ons lees in die Bybel dat Ragab 'n vrou was wat nie altyd vir God geken en vir Hom gelewe het nie. Trouens, al het sy baie foute gemaak, het dit haar nie gediskwalifiseer om op 'n groot wyse deur God gebruik te word nie. Hy het Ragab gebruik om twee Israelitiese spioene te beskerm deur hulle in haar huis te laat bly. Hierdie spioene was goeie ouens; hulle was aan God se kant en hulle het probeer om 'n oorlog teen sy vyande te wen. Dit het geen sin gemaak dat sy haar lewe in gevaar stel om twee vreemdelinge te beskerm nie, maar sy het van hulle God gehoor en die wonderlike dinge wat Hy gedoen het en wou Hom self beter leer ken. Toe die oorlog in haar stad dus begin, is sy en haar gesin beskerm omdat sy hulle gehelp het. 



Net soos vir Ragab, het God jou steeds lief, al het jy in die verlede verbrou. As jy in Hom glo, sal geen hoeveelheid sonde veroorsaak dat Hy anders oor jou sal dink nie. 


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid