Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 6 VAN 12

Twis in die Gesin 


Deur Danny Saavedra



"Hou my daarom dan nou hier as Meneer se slaaf in die plek van die seun ..." — Genesis 44:33.



Onthou jy nog vir Israel in gister se verhaal? Hy het 'n seun, Josef, gehad op wie al die broers jaloers was. Trouens, hulle het besluit om Josef weg te stuur om as slaaf vir 'n ander familie te gaan werk. Jare later, het Josef van 'n slaaf na die tweede in bevel na die farao (iemand soos 'n koning) in Egipte gevorder. 



Weens 'n hongersnood het Josef se gesin nie meer kos gehad nie, dus het die broers in Egipte gaan hulp soek. Met hulle aankoms daar, het hulle nie eens hulle broer herken nie. Josef het hulle weggestuur met die opdrag om hul broer, Benjamin, terug te bring. Sy broer, Juda, het gesê hy sal tydens die reis na Benjamin omsien. 



Terug in Egipte, het Josef besluit om te toets of sy broers al verander het en nie meer gemeen en jaloers was nie. Josef sit toe 'n silwer beker in Benjamin se sak sodat dit lyk asof hy dit gesteel het. Toe Benjamin van diefstal beskuldig word, het Juda gesê hy sal sy straf op hom neem, al het hy nie die beker gesteel nie. Wat Juda bereid was om vir Benjamin te doen, is presies wat Jesus vir ons gedoen het toe Hy gewillig was om vir ons te sterf en ons sodoende van ons sonde te red. 



Toe Josef sien hoe goed Juda vir Benjamin is, het hy hulle uiteindelik vertel dat hy hulle broer is en kon hulle dit saam vier! Net soos met Josef, is dit nooit vir ons te laat om ander te vergewe nie, veral die mense van ons eie gesin. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid