Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 1 VAN 12

Die Eerste Gesin

 

Deur Danny Saavedra


"God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep" — Genesis 1:27.



Weet jy wie die eerste mense op aarde was? Dit was Adam en Eva! Hulle was die heel eerste gesin wat God geskep het. Weet jy egter waarom God hulle geskep het? Weet jy waarom God jou geskep het? Dit is beslis 'n vraag wat ons almal waarskynlik een of ander tyd al gevra het. Wat wonderlik is, is dat ons die antwoord in die Bybel kry. 



Jy is geskep sodat jy ander van God se goedheid kan vertel en sodat jy Hom vir ewig kan geniet! God wil hê jy moet deel van sy familie word en die ewigheid by Hom in die hemel deurbring. Adam en Eva was die heel eerste mense wat God geken het en hierdie doel kon uitleef. 



Toe gebeur daar iets. Adam en Eva was ongehoorsaam aan God en wou dinge op hulle eie manier doen deur 'n vrug van die verbode boom te eet. Wou jy al ooit wegkruip omdat jou ma en pa jou uitgevang het dat jy iets gedoen wat jy nie moes doen nie? Wel, dis wat Adam en Eva gedoen het. God het egter nie opgehou om vir hulle lief te wees of om vir hulle te sorg omdat hulle 'n fout gemaak het nie. 



Jy sien, Jesus het gekom om ons sonde te vergewe sodat ons die ewigheid saam met Hom in die hemel kan deurbring. Te danke aan Jesus, kan ons vandag nie net vir God ken nie, maar Hy kan in ons almal lewe as ons Hom in ons harte innooi. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid