Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 12 VAN 12

In Sy Stamboom Ingeënt


Deur Danny Saavedra



"Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word" — Johannes 1:12.



Onthou jy in gister se verhaal hoe God vir Maria en Josef gekies het om Jesus se ouers te wees? Al die verhale wat ons oor die afgelope paar dae gelees het, lei ons tot hierdie een belangrike dag in die geskiedenis: Jesus se geboorte. Môre lees ons van sy geboorte. Dit is immers waaroor Kersfees gaan! 



In al die verhale van die mense en families waaroor ons gelees het, het ons gesien hoe God sy beloftes nakom — en Jesus se geboorte is een daarvan. Dit was die vervulling op 'n belofte wat God 'n baie, baie lang tyd gelede aan ons gemaak het. God het ons so liefgehad dat Hy sy Seun na ons gestuur het sodat ons ook deel van God se wonderlike familie kan word. Wanneer ons besluit om in Jesus te glo, word ons outomaties lede van God se familie! Is dit nie wonderlik nie? Al wat ons hoef te doen is om maar net vir Jesus in ons harte in te nooi! 



Ruim vandag tyd in om Jesus te vier en dank God dat Hy sy Seun gestuur het om vir ons 'n manier te gee om deel van sy familie te kan word. Wat hier belangrik is, is dat ons rol om deel van God se familie te word, nie hier eindig nie. God wil hê ons moet ook vir ander van Jesus vertel sodat hulle ook deel van God se familie kan word. Dit is fantasties om deel van God se familie te wees en jy is nou deel van hierdie verhaal! Moenie bang wees om iemand van Jesus se geboorte te vertel en hoe baie dit vir jou beteken nie. 


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid