Leesplan inligting

Gesinskersfees: 'n Leesplan vir KindersVoorbeeld

Family Christmas: A Devotional for Kids

DAG 2 VAN 12

Die Ark van ons Verlossing


Deur Danny Saavedra



"Toe sê die Here vir Noag: 'Jy en jou hele gesin moet in die ark ingaan ...'" — Genesis 7:1.



Het 'n ouer of onderwyser al ooit vir jou gevra om iets te doen, maar jy het dit nie dadelik gedoen nie? Dalk was die opdrag om iets op sy plek te bêre, maar omdat jy dit nie gedoen het nie, het jy dit verloor. Wanneer 'n ouer of onderwyser jou vra om iets te doen en jy doen dit nie, sal jy waarskynlik in die moeilikheid kom. 



Dink nou aan 'n tyd wat jy onmiddellik gehoorsaam was. Al was dit miskien moeilik, was jy waarskynlik regtig bly en het jy 'n beloning ontvang omdat jy dit gedoen het. Kan jy jou voorstel dat jy en jou gesin die enigste mense op aarde is wat God volg? Dit is presies hoe 'n man, Noag, en sy gesin gevoel het. 



God het vir Noag opdrag gegee om 'n ark ('n baie groot boot) te bou om sy gesin teen veertig dae se reën en vloede te beskerm. Toe God gepraat het, het Noag geluister. Hy het nie nog 'n dag gewag om dit te doen nie. Hy het geglo, vertrou en vir God gehoorsaam. Noag het die ark gebou ... hy het dit ook gebou voor daar nog enige teken van reën was. Dit is nou wat ons geloof noem — om in God te glo, selfs wanneer ons soms nie verstaan waarom ons iets moet doen nie. 



Die Kersverhaal is baie soos die verhaal van Noag en die ark. Toe Jesus gebore is, het God 'n manier geskep waardeur ons die ewige lewe by Hom in die hemel kan deurbring. Te danke aan Jesus, is ons sonde vergewe en is ons gered! 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Family Christmas: A Devotional for Kids

In hierdie spesiale 12-dag leesplan verken ons die stamboom van Jesus en ontdek hoe God 'n plan gemaak het sodat ons deel van sy familie kan wees.

Baie dankie aan Calvary Chapel Fort Lauderdale wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: http://CalvaryFTL.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid